Taalgebruik (Language)
Ouens (Guys)
Dis altyd lekker om met mekaar in gewoon lekker Afrikaans te kuier. Daar is niks mee verkeerd nie, ons is 'n hele klomp Boere, en meeste Smede in Suid Afrika is maar Afrikaanssprekend. Onthou net, ons het baie belangstelling van die oorseese ouens, wat baie oulik is. Sit onder jou Afrikaanse insit 'n kort Engelse samevatting van wat jy min of meer gese het, sodat hulle darem die inhoud van ons forum 'n bietjie kan volg. En onthou ons is 'n familievriendelike site, dus geen growwe taal, asb. Ek sal ongerymdhede aan die Webmaster raporteer.
Baie dankie vir die moeite, lekker kuier!
Wim.
English: It is nice to be able to hang loose and speak our own language, and since most of the South African Balcksmiths are Afrikaans it is the natural thing. Just remember we get a lot of interest from the overseas guys, which is great. Put a brief English synopsis under your posts, so they can also follow the thread. And remember we are a family friendly site so no course language please. I will report inappropriate posts to the Webmaster.
Thanks very much, enjoy visiting here!
Wim
__________________  Hot steel is COOL !!! |